Afrikaanse_meisie, 41 - Centurion
Gauteng, South Africa
About Me:
Hier kom die moeilike gedeelte.... hoe beskryf jy jouself in 'n paar woorde?
Ek is 'n fun, plat op die aarde meisie.... ek het albei my voete op die grond en is half old school... Alhoewel ek baie vriende en 'n groot familie het, raak dit nou vervelig om altyd als alleen te doen. Ek het die laaste 5 jaar aan my loopbaan gewerk, en nou dat ek dit bereik het wat ek wou, wil ek graag my sielsmaat ontmoet.
Ek het waardes en haat baklei.... Ek glo respek, liefde en vertroue is die fondasies van 'n verhouding.
Ek sal altyd seker maak daar is 'n koue drink dingetjie in die yskas as jou gunsteling sport aan is of as jy poker aand wil hou. Ek weet hoe belangrik vriende kan wees en sal nooit verwag jy moet die mense in jou lewe opgee vir my nie... ek hou van 'n uitdaging daarom sal ek hulle eerder wil ken.
Ek lewe nie vir luukshede nie.... 'n veldblommetjie is soveel mooier as 'n bos blomme wat 'n plaas se prys gekos het.
As jy weet hoe om drukkies te gee, kry jy sommer dadelik 10 bonus punte :)
Looking For:
Iemand wat nog kan lag.... so lekker uit sy maag uit lag.... wat weet hoe belangrik 'n loopbaan is.... Sonder om vol fiemies te klink, hoop ek jy het jou eie vervoer en werk. Ek het nie 'n probleem om my eie rekwning te betaal nie of om jou so nou en dan uit te vat nie maar dit sal lekker wees as jy my so nou en dan op 'n date kan vat...
Jaloesie en besitlikheid is 'n groot "nee"... niemand hou daarvan om heeltyd beskukdig te word nie.
Wees net jouself.... lag as jy wil en as dit die oomblik reg is, klap my op die boud en sĂȘ jy jou van my.... niks verkeerd met bietjie stuitigheid nie :)