Cram62, 62 - Centurion
Gauteng, South Africa
About Me:
Ek is nie 'n gekompliseerde man nie, speel nie met mense se gevoelens nie, wil (kan) ook nie tussen die lyne lees nie, is saggeaard, en redelik intelligent. Daar word selfs gesê ek is 'n gesofistikeerde man ... Nê 😇.
Ek hou van my wegbreek naweke in die bos, of see, waar ek so bietjie besig kan wees, maar eintlik daar om te chill en net weer bietjie te herlaai.
Ek is nie ‘n geweldigge besigge mens nie, meer rustig en kalm. Ek hou van my DIY projekte, fotografie, wetenskaplikke onderwerpe, rugby (kyk), cuddle, en 'n goeie whisky op sy tyd. Ek stap 3 keer 'n week (Saterdae is Park Run), net om so bietjie in shape te bly, en bietjie 'dink tyd' te hê.
My Motto:
“If you fail to plan, you are planning to fail!” - Benjamin Franklin
My fav aanhaling:
“Thinking is difficult, that’s why most people judge.” - Carl Jung
Leer my ken, en jy sal vind dat ek opreg en met integritieit optree, asook omgee, herstel, ophef, en die beste uit ‘n vrou wil bring. Ek probeer die positief in alle negatiewe te sien.
Looking For:
Hierdie is nou nie ‘n checkbox oefening nie; daar is baie faktore wat saam en teen mekaar werk ... Ek dink die basics is:
Redelik intelligent
Goed veroudered ... Soos rooi wyn 😉
Besef die waarde van tyd, en gebruik dit om memories te skep
Die 3 K's - Kommunikasie, Kompromie, en Konsensus
Selfonderhoudend
Ek ek gaan dit waag om te sê ... 2 ore, 1 mond 🙊
‘N engel wat liefdevol en 'caring' is, haar man se goeie eienskappe verstek en die slegtes aanvaar, waar ons waardes en lewensuitkyk met mekaar versoen, en ons beeld “match” en versterk ... Innerlik en uiterlik.
Jy moet eerlik en opreg kan kommunikeer en integritieit bo alles stel. Ons moet gevoelens en probleme saam kan bespreek en besluite neem.
Iemand wat net so gelukkig sal wees om in die bosveld te slaap soos om tuis te bly en net TV te geniet; Selfs net by 'n vuurtjie te sit/lê met 'n glasie en die hemelruim bewonder met die aandklanke wat die siel voed.
Wat ‘n huis ‘n tuise kan/wil maak. Kos maak is nie belangrik nie, ek kan ook nie.
Sy moet ietwat lewenslustig, kreatief, bietjie wagghalsig, en spontaan wees, en so elke nou en dan 'n wegbreek naweek kan geniet.
As die woorde tot jou hart en siel spreek, dan moet jy daardie 1st baba tree neem en my boodskap .…. Die res sal dan vanself gebeur.
NS: As jy tot hier gelees het en my nie boodskap nie, dan aanvaar ek jy stel nie belang nie.