Net 'n vrou, 58 - Cullinan
Gauteng, South Africa
About Me:
Ek is net 'n boere vrou, hou van die buitelug, mal oor die natuur, die see, visvang, kamp, braai en sommer net 'n romantiese kampvuurtjie. Ek is 'n totale romantikus, hou nie van rusies nie, het 'n goeie sin vir humor, hou van musiek. Ek hou van kook, bak en brou, en ek bederf graag. Ek wil alles deel met die regte persoon, hou nie van geheime en leuens nie. Ek sal jou vertrou tot jy my rede gee om jou nie meer te vertrou nie. Jy moet my beste maat wees, my partner in crime lol! En jy moenie my boelie omdat ek 'n sagte hart het nie. Ek lief die reuk van die aarde na die reen, die reuk van vars gesnyde gras, die klank in die nag van wildediere of jakkalse. Krieke en paddas wat raas.
Looking For:
Eerlikheid is baie belangrik, respek, goeie sin vir humor, nie 'n boelie nie! Moet hou van die buitelewe en die natuur. Moet hou van kinders, en ek sal ook jou kinders aanvaar soos my eie.