Sweet pink princess, 50 - Pretoria
Gauteng, South Africa
About Me:
My road is narrow, my companions are few, my guide is reliable and my mission is clear... I'm open, sincere, genuine and trusting. Outgoing, spontaneously warm hearted and plain spoken, though never lacking in kindliness. I'm intelligent, enthusiastic, funny, have a great sense of humor, faithful, ooohhhh so many things. I'm all in one!!! :-)
Ek hoor my kommunikasie is goed. Ek krop nie op nie, blaas maklik stoom af, wat in my hart is glip oor my lippe. Soms sis ek, maar daarna is ek rustig soos 'n stil oseaan. Ek is vrolik - het soms slegte dae, maar is minnerig en sien elke dag as 'n uitdaging. Ek hou nie van sleurtake soos tandarts besoeke of in toue staan nie maar eerder as om te kla, probeer ek dit interessant maak. llie. Hou van filosofeer oor liefde, die lewe, geluk, vrede, oor waarheen die mens op pad is. Ek hou van spontaeniteit. Om spontaan te werk tot ek nie meer kan nie, spontaan te speel tot ek moeg is. Soms slaap ek baie, party nagte glad nie. Ek probeer elke dag bietjie werk met 'n kan koffie om die werk lekkerder en soeter te maak. Lui is ek nie, fluks ook nie. Lewendig is ek wel en eerlik. Ek kan hard huil en net so hard lag. Verder het ek hoop, hope daarvan. Sou jy getroud wees, 'n plesiertjie soek en nie-weet-wie-jy-is of waarheen-j y-oppad-is -nie, moenie reageer nie aub
Looking For:
First and foremost, honesty please!!! An emotional, mature but soft hearted man. A man with substance. I cannot be bought, compromised, detoured, turned back or delayed. Looks fade, money/wealth can disappear overnight. I need a companion/ soulmate/f riend
Hy hoef nie te lyk soos 'n prentjie op 'n koekblik nie maar ook nie soos tant koek se hoenderhaan nie. As hy sy werk geniet, gee ek nie om wat hy doen nie. Motor: solank die ding kan ry, is alles reg, 'n mooi kleur verdien bonuspunte. Dit maak ook nie saak waar hy bly nie, solank dit nie op die sypaadjie is nie. Netheid, 'n goeie boekrak, so ook 'n goeie versameling cd's kry punte. En 'n klompie skilderye of kunswerke is altyd sag op die oog. Geaardheid: Dis 'n lang lys... Bo-aan is 'n humorsin, hopelik net so wrang en eienaardig soos myne. Ek hou van 'n speelse, spontane aanslag teenoor die lewe. 'n Man wat sy gevoelens kan wys is vir my 'n mooi man. 'n Optimistiese man ook. Hy hoef nie baie te praat nie maar ek wil darem ook nie die grand canyon tussen ons he nie. Ek hou van 'n slim man, nie noodwendig wetenskaplik slim nie, sommer net straatslim. Ek hou baie van eerlikheid en 'n sterk binnekant. Hy hoef nie met swaarde te gaan veg nie, maar moet op sy agterpote kan staan vir dit waarin hy glo. My ideale maat is betroubaar - fisiek, geestelik en emosioneel.