rick69waters, 39 - Polokwane
Limpopo, South Africa
About Me:
Sjoe dit is altyd moeilik om hierdie deel te skryf.
Ek is 'n mense mens, hou van goeie vriende, braai en lekker kuier. Ek maak redelik moeilik vriende en die vriende wat ek maak, ons sal alles vir mekaar maak. Ek hou van baie verskeidenheid musiek en hou daarvan om te sing (sal selfs 'n paar liedjies vir jou aanpas). Ek hou van kos maak en lekker eet, meestal gesond lekker eet.
Ek hou van uitgaan en om my meisie te bederf. Ek hou baie van die natuur en wil weer begin hike, hou ook van fotos neem.
Het my eie besigheid vir lang tyd gehad so het baie besigheids kennis en werk op die stadium vir 'n baie goeie maatskappy.
Was al twee keer verloof en is al baie seer gemaak. Ek vertrou maklik en gee baie spasie, ek nie baie jaloerse ou nie maar daar is perke. Ek wil graag die wereld saam jou gaan sien, die kuslyn van Suid Afrika gaan toer. Ek sal jou beste vriend word en nagte lank tot wie weet watter tyd saam jou sit en gesels. Sal kos maak in die aande sodat jy bietjie kan rus. Sal saam jou sepies kyk en saam jou huil in 'n trane trekker. Sal saam jou gaan draf en jou altyd in jou loopbaan ondersteun. Sal jou kar diens en die spykers in die muur slaan vir al jou foto rame. Wel om meer oor my uit te vind stuur my 'n boodskappie en dan vat ons dit daarvan af.
Looking For:
Reg so hier kom dit nou.. Ek soek 'n meisie wat na haarself omsien. Sy hoef nie model mooi te wees nie wat ek is 'n baie diep mens. Sy moenie te veel fuss oor make up en hare blaas nie. (As ons gaan kamp is daar nie altyd krag nie.) Sy moet lekker kos kan maak en daarvan hou om te bak en brou per geleentheid. Dans, ja asseblief. Hou van verskeidenheid musiek veral lekker afrikaanse musiek. Sy moet nie buitensporig jaloers of klouerig wees nie. Ek sal jou nooit verneuk of jou enige rede gee om my nie te vertrou nie. Avontuurlustig, hou van die buite lewe. Ook hou van lekker lui dae waar ons by die huis movies kyk en popcorn eet. Hou van honde, ek is ongelukkig 'n honde mens en hou daarvan om hulle op te lei en te gaan loop. Al hoe wel daar 'n bediende is nogsteeds kan stryk en wasgoed was. Sal jou nooit as 'n slaaf behandel nie. Ons deel die huiswerk en help mekaar. Ek sal skottelgoed was en jy kan afdroog.. Sjoe dit is 'n mondvol.. as jy soortgelyk is of kan identifiseer laat weet my ek sal jou graag beter wil leer ken. (Sorry ek is 'n baie reguit mens.)