Venus3, 53 - Delmas
Mpumalanga, South Africa
About Me:
Dis 'n moeilike ene om jouself hier te moet beskryf...voel amper soos 'n koei op vendusie:)
Nou ja ek is 'n enkel mamma van 3 seuns...2 is al getroud. 3de enetjie is 'n 9 jarige laatlammetjie.
Ek geniet my werk ongelooflik baie...klink dalk bietjie mal maar dis waar!!
En as ek tydjie vir myself het spandeer ek dit graag rustig voor die tv...crime and mystery is my top programme om te kyk.
Ek hou ook van kuier saam familie en vriende.
Looking For:
Ek wil 'n maatjie hê en dalk word hy later meer!! Vir nou wil ek iemand hê waarmee ek oor die dag se gebeure kan gesels en sommer net laf wees....my familie beskryf my as die 'mal' enetjie in die familie. So ek wil iemand hê wat saam my sal laf wees partykeer maar ook ernstig kan wees as nodig is.
BAIE belangrik.....hy moet van my kinders en kleinkinders hou en as hy kinders het sal ek beslis baie van hulle hou!!!