Cut above the rest, 59 - Middelburg (MP)
Mpumalanga, South Africa
About Me:
Ek kan hier sit en myself verkoop soos vele ander, maar wie het vandag die tyd daarvoor.. In kort opgesom.. ek is in my lewe gevestig en nie die tiepe wat in n kroeg sal sit en wag vir 'n byt nie. Ek is opsoek na n goeie vriend wat op dieselfde vlak as ek in my lewe is, iemand met wie ek in die kar kan klim en ry tot waar ons kan afpak en net mekaar se geselskap kan geniet, hetsy erens in die natuur of op die strand met n glasie wyn terwyl ons die son sien sak. My persoonlikheid is op die man af.. ek is lankal klaar met skool en het geen tyd vir kinderspeletjies. Ek is uiters netjies op myself en my huis en verwag my vriend sal ook so wees...
Looking For:
Jy sal 'n netjiese voorkoms he... iets in jou lewe al bereik het en as ons erens gaan sal ek my nie hoef bekommer dat ek my vir jou sal skaam nie. Jou lus vir die lewe en spontane persoonlikheid sal vir my 'n groot aantrekkingskrag wees. Jy sal soos ek. daarvan hou om die spesiale persoon in jou lewe gereeld spesiaal te laat voel - dit is nie iets wat vir jou moeite sal wees nie. Ek is gewoond om my eie ding te doen en jy sal nie 'n besitlike of jaloerse persoon wees nie. My dogter is my lewe en dit sal vir jou belangrik wees om vir haar ook 'n goeie vriend te wees. Ek is mal oor dans - so as jy nie kan dans nie en jy hou van my, stel ek voor jy leer gou hoe ... dis nou een ding waaroor jy nie sal spyt wees nie. Verder sal jy net regtig 'n plat op die aarde man wees... ons sal wel gou weet of ons dit verder gaan vat of nie