Miaauwoef, 46 - Klerksdorp
North West, South Africa
About Me:
Ek is baie moelik om van te hou, want ek hou nie altyd by die norm nie. Ek is baie individualisties en sien dinge baie maal soos dit vir my logies lyk, en nie soos ander dit noodwendig van my verwag nie. Ek het baie lang tye alleentyd nodig om dinge te deurdink. Juis oor voorgenoemde klomp goeters is ek so lus vir 'n bietjie aandag en liefde van iemand, dat ek eintlik baiemaal smag daarna, totdat ek weer lus is om alleen te wees. My gesin sê vir my ek is vet en onooglik, maar vreemdes het my al telkemale verwar met 'n model. Ek is oor die algemeen antisosiaal maar dan by tye beleef ek 'n uitbarsting van sosiaalwees en geniet dit gate uit.
Looking For:
Iemand wat nie hondlelik is nie. Sy moet hou van my, indien moontlik. Sy moet ook haar eie stokperdjies en drome hê om haar mee besig te hou, want ek self is 'n baie besige mens wat nie altyd onbeperkte tyd het om aan haar te bestee nie, maar sal wel gereeld tyd maak maar wil nie dag en nag gepla word met foonboodskappe en goed terwyl ek moet konsentreer nie, want my werk is baie, baie aandagvergend. Sal nogtans haar ook belangrik ag.