Spook_der_Spoke, 78 - Klerksdorp
North West, South Africa
About Me:
Ek’t al byna onvergeeflike foute vergeef, probeer om onvervangbare persone te vervang en onvergeetlike persone te vergeet…
Ek het al impulsiewe dinge gedoen…
Ek is al ontgoël deur persone wat ek nie gedink het dit sou doen terwyl ek dit self ook al gedoen het…
Ek het al omhels om te beskerm en al gelag toe dit nie mog…
Ek het al goeie lewensvriende gemaak en het al en was al bemin…
Ek het al bemin en kon ook nie bemin…
Ek het al geroep en ook al geween van geluk…
Ek het al geleef van die liefde en ewige ede gesweer maar het dikwels op my gesig te lande gekom…
Ek het al geween met die luister na musiek en die besigtiging van fotos…
Ek het my al gebind aan die eenvoud van ‘n stem…
Ek het al ‘n passie gekry deur ‘n glimlag…
Ek het al gedink ek sterf deur baie nostalgie…
Ek het al geskrik om te dink dat ek iemand besonders sou verloor (wat ek uiteindelik tog wel verloor het), en ek het dit oorleef want ek LEEF!!!
Looking For:
LEEF!!!
Gaan die lewe nie verby en laat jou nie verbygaan.
Dit is goed om met oortuiging die stryd te stry, die lewe te kan omhels en om in vrede te leef…
Om met trots te verloor en met moed te oorwin…
Want die wêreld behoort aan die wie durf het…
Die lewe is te belangrik om dit te ignorer…
Hou jouself dus besig met opbouende aksies…
Ignoreer dit wat afbrekend is…
Leer hoe om die negatiewe nie te doen…
LEEF!!!