DaanDesimaal, 55 - Rustenburg
North West, South Africa

About Me:
Ek gaan nou net in Afrikaans skryf. :D Nee, ek is nie rebels nie, net trots op my taal. As jy brits is, gebruik die aanlynvertaler. Hierdie eienskap behoort jou so 'n ligte idee te gee van my karakter. Nederig, vriendelik maar 'n sterk sin vir regverdigheid. Ek hou van die ou waardes, sterk gesinne en families. 'n Man wat 'n deur oopmaak vir 'n vrou en opstaan uit sy stoel as ander vroue die vertrek inkom. Iemand wat dankie sê en asseblief kan vra en nie mense as vanselfsprekend aanvaar nie.
Ek het ook gesien hoe belangrik dit is om brûe te bou. 'n Klompie jare gelede moes ek my moeder troos en met daardie geleentheid het ons die eerste keer werklik omhels. 'n Klein gebaartjie wat baie dinge kan regstel. Dit is waarom ek hier is. Ek het ook die behoefte om aanvaar te word met al my swakhede. Alleenheid is soms goed maar eensaamheid kan 'n kanker van die siel word.
Ander mense sal my dalk as ietwat eksentriek beskou. Geen fout daarmee nie, jy leef maar net een maal en eendag sal jou stem stil word vir ewig. Ek is seker meer van 'n huishen soos Oumatjie my een keer genoem het. Dit is egter lekker om die wêreld daar buite te verken maar veral saam met iemand spesiaal. Dit raak nou tyd om só iemand goed te bederf, buitemuurs en binnemuurs ! :D
Looking For:
Laat ek sien... ek soek na 'n baie intelligente, goedhartige, energieke vrou met verskriklike woelige hande wat die rook uit my kan vry. :) Op 'n effens ernstiger noot, iemand op wie jy kan trots wees daar buite tussen mense. Iemand wat 'n gebalanseerde uitkyk op die lewe het, prioriteite mooi in orde het gekoppel met 'n hart vir mense. Iemand met 'n gesonde trots maar wat ook onderdanig aan haar man kan wees. Ons versorg mekaar op verskillende maniere. Geen rokers en drinkers nie, asseblief. Verkieslik ook nie tatoeëermerke nie. Niks so mooi as 'n mooi vrouelyf sonder daardie onooglike goed nie. As jy hou van troeteldiere, pragtig. Dis in 'n goeie vrou se aard om versorgend te wees. Onthou net dat ek die hooftroeteldier in die huis is. Ek los gelukkig ook nie baie hare op die meubels nie. In die algemeen... sommer net iemand wat lekker kan "cuddle" op 'n koue môre.