AJ1978, 47 - Postmasburg
Northern Cape, South Africa

About Me:
Ek is 'n vrolike en positiewe mens met 'n diep en rustige siel wat ook ondeund kan wees.
Ek het met oorgawe lief, is baie lojaal en vergewe maklik en gee nie maklik moed op nie maar as iemand misbruik maak van my het ek geen probleem om die persoon uit my lewe te werp nie.
Ek is hardwerkend en tots op my arbeid en om vir myself te voorsien.
Ek kan dit alleen doen maar als is beter met 'n partner in crime aan jou sy.
Ek het nie baie nodig om gelukkig te wees nie maar dis wel raar. Vrede, liefde en wedersydse respek. Ek is nie perfek nie maar eg, reguit en eerlik maar taktvol. Ek glo aan deursigtigheid en eerlikheid.
Ek is baie lief vir my honde. Hulle is my kinders en het goeie maniere. Dit het my al verhoudings gekos. Nie dat ek dit as 'n verlies sien nieš¤.
As jy jaloers is op iemand se liefde is dit nie gesond nie.
Looking For:
Ek is 'n volwasse vrou van Postmasburg op soek na vriendskap wat moontlik verder kan ontwikkel. Verkieslik iemand wat naby my tuisdorp woon.
Seƫning en nie 'n volgende les nie.
Iemand wat kan kommunikeer en weet wat wedersydse respek beteken.
Die wereld is wreed daarbuite daarom soek ek iemand wat my sal ondersteun en my vertroue werd sal wees wat my vrede en rustigheid sal beskerm met deursigtigheid en my nie sal laat twyfel dat hy my gekies het nie.
'n Maat, vriend en minnaar.
Iemand gemaklik wat sal deel in die avonture van die lewe en passie maar ook rustige aande van diep gesprekke.