AJcurious, 46 - Upington
Northern Cape, South Africa
About Me:
Sou graag geheimpies wou deel met iemand spesiaal op ‘n rustige Sondag onder die bome langs die rivier. Wanneer ek ontspan spandeer ek tyd met my familie waar ons lekker kuier om ‘n vuurtjie met ‘n glasie wyn en wanneer ek alleen is lees ek graag of kyk my gunsteling movies, Ek het 'n sagte plekkie v honde. Hulle leer ons wat liefde is. Hulle aanvaar jou soos jy is en deel graag drukkies uit, hou nie boek van die kwaad nie en vergewe onmiddellik. Ek is ‘n vredesregter maar sal met als in my v my hartsmense baklei. Ek hou van dinge georganiseerd maar is ver van perfek af. My intensies is gewoonlik goed maar daar is altyd iets onbeplan wat gebeur en dit is daardie dinge wat kosbare oomblikke word.
Kom ons wees braaf en leer mekaar beter ken. Dalk vind jy in my 'n vriendin om als mee te deel, te verken, ontdek en te leer sonder enige voorgee. Kom ons kry daai koffie en kyk wat gebeur.
Looking For:
Ek is oopkop genoeg om te besef die perfekte mens bestaan nie en dat jy eers iemand moet leer ken voor jy besluit of jy van iemand hou. Op soek na 'n vriendskap met wedersydse aanvaarding en resprek en om sonder pretensie net onsself te kan wees. Om saam dinge te verken, ontdek en te leer. Iemand wat kan gesels oor die belangrike dinge maar wat ook kan lag. Iemand wat besef liefde groei uit vriendskap en wat die goed en sleg saam sal vat.