poppie9, 54 - Cape Town
Western Cape, South Africa
About Me:
Hi. Ek is lief vir mense. Ek hou daarvan om by die huis te kuier, hou ook van uitgaan, maar nie alleen nie. Ek hou van kamp, die see en die veld. Lief vir diere, veral my kat en my hond. Ek is netjies op myself en my huis. Lief vir musiek en dvd's. Kan dans. Baie avontuurlustig en kreatief. Ek is lojaal. eerlik en raak nie maklik kwaad nie. Probeer altyd 2 kante van 'n storie sien. Ek hou niks van hierdie "online dating" ding nie, maar my dogter en haar vriendinne het my aangemoedig. As jy baie lank saam met iemand was en julle was alles vir mekaar en een dag is hy skielik net nie meer daar nie, moet jy seker iewers van voor af begin vriende maak. Mens kan nie vir ewig treur nie. Die lewe is te kort. Ek is lief vir lag en ek wil weer iemand in my lewe hê, wat my kan laat lag, want 'n glimlag is die beste grimering ooit! Ek is lief om te bederf en dinge te doen vir die mense na aan my. Ek benodig weer daai inspirasie.Ek is 'n realis. Once apon a time was ons almal mooi en sexy. Ek verwag n effense boepie en grys hare wat deurslaan. Solank jy jouself is en nie fake nie en baie belangrik, selfrespek en trots het. (Nie windgat nie)
Looking For:
My ideale maat moet vriendelik, lojaal, eerlik en met sy hande kan werk. Hy moet intelligent wees. 'n Goeie sin vir humor hê. Ek moet hom kan vertrou en gemaklik voel in sy teenwoordigheid al is ons net by die huis. Hy moet ook lief wees vir diere en ander mense in ag neem. Hy moet netjies op homself wees en daarvan hou om dinge saam te doen.
Ek soek die persoon wat maak dat ek weer kan uitsien na daardie spesiale sms of nie kan wag dat die dag moet verbygaan sodat hy huistoe kom nie. Ek soek die inspirasie wat my lewe weer vol maak.
Love is not finding someone to live with, its finding someone you can't live without. As jy 'n kansvatter is, hou verby asseblief.