Ou Toppie, 69 - Gordons Bay

Western Cape, South Africa

Ou Toppie was recently online

About Me:

'n Breë skouer. Soek altyd na die mooi in mense en kry die jammer wat lelik toelaat om van hulle besit te neem.

Na al die voetspore in die sand wat deur die see toegespoel is, die heen en weer gerol van die ou klippie deur die branders van die lewe het min rowwe plekke oorgebly.. die ou siel is glad geskuur en geslyp.

Tot ek maar net nog 'n ou sandkorreltjie op die strand is, wil ek graag weer 'n klippie langs my voel rondrol wat saam die branders van die lewe kan trotseer. 'n Klippie wat saam die mooi in mekaar te voorskyn laat kom, totdat ons Skepper besluit ons is nou reg vir Sy spesiale versameling.

Hy is 'n Christen, positief, saggeaard, goeie humor. Op die stadium van die geveg is daar nie meer tyd vir die klein jakkalsies nie. Dit gaan nie meer oor my nie, maar oor my geliefdes, familie, vriende en medemens.

My dag is gemaak as ek 'n glimlag op iemand anders se gesig kan sien en so die lewetjie met 'n huppelstappie te kan aanpak. Ek voel innerlik versterk as ek iemand in pyn 'n drukkie kan gee om te help vasbyt in die gewoel van die lewe.

Hou van diere, sport, buitelewe en die natuur. Kampeer, visvang, mooi plekke verken. Uiteet, ouma se boerekos, brou in die kombuis, braai en potjie maak. Kreatief, tuinmaak, houtwerk, fotografie en rekenaars.

Ek glo in hierdie proses om vreemde mensies te leer ken, goeie en opregte vriendskappe te begin - waarvan die regte een sal ontwikkel sodat ek daai spesiale klippie vir die toekoms sal vind..

Looking For:

A woman (50 - 67)

Al voel ek soos 'n 40 jarige (gesondheid en denke - waaroor ek baie dankbaar is en bevoorreg), besef ek 70 loer vir my. Ek wil 100% seker maak sy is die regte een op die ou aarde vir hierdie laaste saam huppel op my lewenspaadjie, met my visier eers op 80, dan op 90..

Sy is 'n wedergebore Christen - baie belangrik..!!

'n Gesinsmens. Positiewe uitkyk (iemand wat die glas half vol sien in plaas van half leeg), nie deel van die probleem wil wees nie maar deel van die oplossing. Kreatief, goeie humor, omgee vir ander, lief vir kosmaak, hou van reis, buitelewe, kampeer en lief vir diere.

Ek moet eerlik wees dat 'n vrou wat omsien na haar voorkoms vir my uitstaan - solank dit nie 'n obsessie is nie. Sy moet ewe tuis in 'n aandrok, kaalvoet in 'n jean of loslap in die tuin wees.

Jaloesie is uit, vertroue is in. Sy moet weet en my vertrou dat as sy die klippie langs my se plek ingeneem het, sy daar gaan wees tot ons sandkorreltjies is. Wedersydse vertroue en saam slyp aan die rowwe plekke is "key".

Sy moet kan lag, waardeer, ontvang en gee. Liefde en vreugde vol. Vredemaker en kop op my skouer mens.

Info:

Relationship Status:
Separated
Children:
I have (not living with me)
No of children:
1
Like to have children:
Yes
Home Language:
Afrikaans
Other Language(s):
English
Religion:
Christian

Appearance:

Ethnicity:
White/Caucasian
Height:
174cm (5' 8.5")
Body Type:
Average
Hair Colour:
Brown
Eye Colour:
Brown

Work & Profession:

Education:
Trade/Technical
Profession:
Pensioner
Income:
Average

Life Style:

Eating Habits:
I eat most things
Smoking:
I'm a Non-Smoker
Drinking:
I drink socially
Join Singles2Meet.co.za to Meet & Date Singles In And Around: Betty's Bay, Gordons Bay, Grabouw, Pringle Bay, Somerset West, Strand, Herold, Strand Central, Broadlands, Gants Plaza, Goedehoop

Related Gordons Bay Dating Profiles:

All Rights Reserved