Antjie, 70 - Montagu
Western Cape, South Africa

About Me:
Slegs afrikaanse mans bo 70. Ek is byna 71.Gek oor die Kaap! En rooiwyn. Ek het 3 volwasse kinders en is ouma van 3 kleinseuntjies.
My broer en susters speel 'n groot rol in my lewe. Ons kuier graag en drink nóg wyn! My vriende dink ek is baie
snaaks! Ek is gek oor drukkies & soentjies. Lekker lag is vir my belangrik. SLEGS afrikaanse mans, eerlik en opreg. Verkieslik van die weskus of naby. Ek is lief vir kosmaak, naaldwerk en 'n netjiese huis is 'n moet! Ek is fanaties oor die see. Ek is wat ek is. Verjaar 29 Oktober en is dan 71. What you see, is what you get. Lief vir musiek, veral die Beatles, Stones, Bob Segar en goue oues. Is goed grootgemaak met goeie waardes. Jongste van 4. Ek was in die Hoër Meisieskool in die Paarl. Netjiese mans is 'n moet! Geen kansvatters asseblief. Ek het al teveel seergekry. Ek het 3x oorsee gegaan en dit was 'n 'opener' om ander kulture te leer ken. Nou het die gogga gebyt, alhoewel ek nie dink lang vlugte (die laaste een was NZ toe) is meer vir my nie. Ons kan wel Seychelles of Mauritius toe gaan, haha! Ek is lief vir braai en die buitelewe. Of in die winter 'n kaggelvuur. My kinders is almal getroud en dus onafhanlik van my. Twee bly in die Kaap en een in NZ. Almal het goeie beroepe, so ook hulle lewensmaats. Ek is 'n groot STORMER aanhanger. Geen bulle nie asseblief! Afrikaans is 'n moet! My engels is nie te sleg nie, maar 'n mens stomp af op die platteland. Ek bly tans by my suster agv omstandighede. Ek glo in in Vader en is 'n gereël
Looking For:
Blanke afrikaans sprekende mans. Gelowig, sosiaal. Ouderdom 73 - 76.
Geen narsiste of alkoholiste. Hou van mooi ou songs bv die Beatles, Stones, Eagles ens. Mans met goeie maniere. Mans met 'n sin vir humor.