Dirk Ligter2, 52 - Worcester
Western Cape, South Africa
About Me:
LIGTERTELEGRAM
Boodskap aan 'n vreemdeling
Ek heet Dirk, Dirk Ligter, die einste hy wat die einste jy net in sy eie reisjoernaal en leweboek ingeskrywe kry, die eie ek binne hom, sal jy soek-vind-kry, wanneer 'n uwe jy, besluit om jou skryweboodskap te addresseer, direk aan Ligter, dus aan my!
Daar is net ses snare op die nek van Dirk se ramkie, 5 is vir almal wil luister maar die allerlaaste een, die hou Ligter vir homself.
Of 'n edele dame uit 'n verre land sou skrywe of nie, wie sou weet, miskien ontmoet ons weer eendag op die Krovlak, of Ligter nou dood is ofte nie. Daar sal ammelee vir ons ’n plekkie wees......
Tot ons weer op papier ontmoet... ..
Stuu r my groete by die huis.....
Dirk Ligter
xxx
Looking For:
.............'n iemandsmens met 'n siel wat die oormooi in die lewe liefhet, ‘n uitsondering op ‘n gemiddelde reel, ‘n mense mens van binne, ‘n hart van vergulde goud en ‘n mens wat nog iets vir sy medemens oor het. Iemand wat die buitelewe sien as die lewe, versot is op reis en om nuwe mense en plekke te ontdek. Iemand wat saam met Ligter kan skaterlag, iemand wat saam met hom kan huil, iemand wat ook net stil kan word sonder woorde en in daardie oomblikke beide van ons vanself sal weet wat die ander een dink, ‘n sielsgenootmaat, ‘n kammeraad, iemand met n oor wat kan luister, iemand wat soms nostalgies word oor bitter mooie dinge, bitter mooi karooplekke, iemand wat weet hoe om jouself met oorgawe te koester en iemand wat weet hoe om te gee.....welkom IEMANDSMENS met die oormooi siel in 'n anderste soort wereld, ja........die wereld van Dirk......Dirk Ligter en sy mense......