Dirk Ligter, 52 - Worcester
Western Cape, South Africa
About Me:
BOODSKAP AAN N VREEMDELING
"Dirk" is die naam en "Ligter" is die van. "Dirk Ligter" is die naam en van.
"Ligter"is n sout van die aarde soort mens. Hy is n gebore en getoee karooklong. N ordentlike siel in murg en been. "Ligter"werk, droom, dink, reis lig en lewe in Afrikaans. Hy is nie n metgesel met fieterjasies of ompaaie nie. Gek na die oormooi in die buitelewe. N avontuurlus soos min! Versot op uitdagings en interressante mense met eiesoortige persoonlikhede. "Ligter" is n indivudialis en filisoof. Ek is mens mens!
Daar is ses snare op die nek van my kitaar........5 is vir die wat wou luister maar die laaste een hou ek vir myself.... ..
"Ligter "soek vir eers net vriendskap sonder enige verwagting. Tyd wat rondom hierdie vriendskap verbygaan sal die verwagting koester.......
Wie weet, iewers kruis onse swerwerspaaie op n ver verlate Karoo se agterpad dalk een onweersmore skielik, in ons dwallerende eindlose sielesoektog na mekaar......
Daar is min woorde te skrywe oor my......ek is n doodgewone ou......
As jy vreemdeling meer van "Ligterlewe"te hore wou kom, stuur jou boodskap se skrywewoorde na my!
Groetnis
DIRK LIGTER
Xxx
Looking For:
Dirk Ligter is opsoek na daardie eiesoortige iemand doer buite wat al die ander manmense misgeloer het. Iemand anders as die res........in sovele fasette......iemand wat die natuur koester, die nostalgie van n aandvuur waardeer, wat versot is op avontuur, wat lief is braaivleis en vuurkos, wat hou daarvan om nuwe klein plekkies te ontdek wat selde op landskaarte verskyn, iemand wat gemaklik is, n individualis met een besonderse geaardheid, wat ook die lewe koester soos Ligter in sy omswerwelinge heen doen. Iemand wat n sinvolle intellektuele gesprek kan voer,spontaan is, oor genoegsame selfvertroue beskik en daardie persoon wat weet wat sy uit die lewe wil haal......