Ab23, 50 - Pretoria
Gauteng, South Africa
About Me:
Ok, waar begin n ou om jouself te beskryf? Soos enige normale ou het ek darem n oog vir n mooi vrou,maar rondloop nee. Ek is n Christen en dien die Here. Ek dink ek is romanties toe ek laas gekyk het,en behandel veral n vrou met respek. Ek het normes en waardes waarna ek streef en besef dat alles in die lewe nie verniet is nie. My motto is as iets negatiefs met jou gebeur het,en jy of iemand anders leer daaruit dan was dit n goeie ding. Ek drink glad nie en gee ook nie om as iemanders drink nie. Het twee seuns vir wie ek baie lief is. As jy graag op jou hande gedra wil word is jy welkom om my te toets. Hou van die buite lewe en jag. Sal eerder n vakansie in die bosveld geniet as n trip af see toe. Dis nou die sweet en die sort,as ek iets vergeet het,kom loop vra ma myself. Ek weet ek is nou nie Tom Cruise nie.
Looking For:
Man ek is opsoek na n vrou wat plat op die aarde is en nie vol fiemies is nie,moet die lewe geniet al is die tye swaar. Moet gemaklik wees in n jean en kaalvoet,steak en chips te eet by n 5 ster hotel en n bok vir sport wees. Sy moet mooi na haarself kyk anders sal ek. Moet kan lag vir dinge wat ander mense kwaad maak. En verkieslik moet sy nie getroud wees nie,ek wil nou nie loop staan en fight met haar man om haar fliek toe te vat nie. Sy moet net haarself wees en spesiaal wees op haar eie manier.