Teerpad boer, 51 - Pretoria
Gauteng, South Africa

About Me:
Kom ons wees emosioneel volwasse hieroor asb 🙏🏻
Ek hou van rustigheid by die huis en is heel gelukkig alleen, tog verstaan ek dat daar iets spesiaals daaraan is, om dinge met iemand te deel.
Ons almal het ons redes hoekom ons hier kuier en ek gaan jou nie nou daaroor uitvra nie, ek wil hê dat jy jou eie self moet wees en die lewe ervaar vir die geskenk wat dit is 🌷
Eerlikheid:
Ek kry een naweek 'n maand af en sovêr was dit die grootste rede hoekom verhoudings verbrokkel.
Van 2023 loop ek die pad alleen, weer, maar dis okay, aanhouer wen 😁
Ongelukkig het ek 'n breë algemene kennis (self geskool), meeste mense lewe in 'n baie klein bubble en sukkel om 'n meenlingsvolle gesprek te volhou.
So please don't try, let me be the guy, let me earn my place in your life.
(Hoop jy verstaan wat ek bedoel met dit, liefdes taal noem die slim mense dit mos)
Looking For:
Ek soek iemand met wie ek kan gesêls en dinge deel, wat verstaan en haar eie manier vind, om die hekkie in my muur te soek.
En met tyd gaan jy uitvind wat my belange is en deel dit met my, dit is wat kort in my lewe.
Reels, regulasies en inkamping is wanneer dit vir my gaan voel dat ek nie myself kan wees nie. So asb, ek vra dat jy moet verstaan: dat ek nie die Rugby Bier en Boobs ou is nie, daar is genoeg van hulle as dit is wat jy wil hê.