Alleenloper, 37 - Vanderkloof
Northern Cape, South Africa

About Me:
Gebore op 29 Februarie 1988 (ja, skrikkeljaarbaba)
1,77m
68kg
Bedryf my eie eenmansaak en vervaardig elektroniese onderdele vir spilpunte wat ek aan boere van die omgewing verkoop.
Bespeel graag klavier en klawerbord. Lief vir musiek, veral instrumentryke instrumentale musiek.
Stel belang aan elektronika en die res van die natuurwetenskap, veral as dit nuttige kennis is soos bv. alternatiewe energie, boumetodes, 3D drukkery ens.
Ek is 'n introvert wat nie maklik met groot groepe vreemde mense meng nie. Kuier nie graag buite by kuierplekke nie.
Looking For:
My ideale pasmaat moet 'n wag voor haar mond hê en dink voor sy praat. 'n Kras/vloek woord hier en daar is aanvaarbaar om 'n boodskap oor te dra, maar sy moenie 'n permanente vuilmond wees nie.
Sy moet ook verantwoordelik wees en dink aan die gevolge van haar dade. Saggeaard, maar moet ook nie op haar laat trap nie, weet wanneer om vas te staan en wanneer om toe te gee.
Sy moet spaarsamig met geld te werk kan gaan en nie uitermatig materialisties wees nie. Waardering hê vir eenvoudige laekoste aktiweite soos bergklim, kamp, visvang, met vlotte op die rivier vaar ens. Uiteet, fliek en vakansies het hul plekke, maar ek sal dit nie heeltyd kan/wil doen nie.
Ek hou van 'n meisie wat natuurlik mooi is en haar nie self met teveel grimmering ens. toerus nie. Sy moet bereid wees om vuil te kan word, dis deel van die lewe, maar verder moet sy op higiëne en netheid bedag wees.
Ek verwag nie dat sy dadelik saam met my in die bed moet spring nie, inteendeel. Dit sal wel wonderlik wees as sy hou van aanraking, drukkies, vry, intimiteit en romanse. Elke ding op sy tyd.