Skewepot soek deksel, 64 - George
Western Cape, South Africa
About Me:
Dis moeilik om mens self te bekryf. Ek is sag geaard, 'n romantikus, liefdevol, kontak persoon. Nog "ou skool" en 'n "gentleman" wie weet hoe om 'n vrou te behandel en te waardeer. Ek word beskryf as 'n warm maar terug getrokke mens. Beslis nie 'n "party animal" nie. Ek ken seer kry en het al die bitter en soet van die lewe ervaar. As ek 'n vrou lief kry is my hart hare en net hare, ek behoort ten volle aan haar dan. Ek is nie hier vir sppeletjies speel nie maar om 'n maat te vind wie ek kan gelukkig maak en my kan geluk in ruil gee.
Looking For:
Mmm...dis die moeiliker deel. Iemand wie my kan aanvul, wie langs my kan loop en nie agter my nie, nie sal omgee om oorval te word met drukkies en soentjies nie, 'n warm en vriendelike persoonlikheid het. 'n Vrou wat ewe gemaklik in 'n jean is as in uniform of snyerspakkie. Iemand wat weet wat seer kry is en nie bagasie van 'n ex saam dra nie asb. Ex'e is presies dit, ex'e en dit geld vir myne ook.